artistmanagement kunstenaarbestuur feeste music musiek pr

BSE

Welkom by Backstage Entertainment!

Hier kan jy al jou gunsteling kunstenaars bespreek. Ons hanteer ook die klank, verhoog en beligting. Hieronder volg 'n lys van kunstenaars wat deur ons bespreek kan word.

Skakel gerus vir Louis du Plessis vir al jou navrae. (011) 704 1530
 

DANNY K

Danny K is SA se eerste musiekant om op die legendariese tv persoonlikheid Oprah Winfrey se program in Chicago op te tree. Hy is die wenner van talle SAMA toekennings, het onder andere al opgtree by die 46664 Mandela Konsert in London saam met verskeie internasionale sterre insluitend Sir Elton John. Plaaslik is Danny K ook 'n huishoudlike naam en het dit reg gekry om oor die diverse spektrum van Suid Afrika harte te steel.

NIANELL

Suid-Afrikaners ken haar as die “Engelstem”, want wie anders se stem kan duiselingwekkend dartel tussen vier oktawe en spog met style wat wissel tussen Pop, Country, Folk, R&B, Klassiek en selfs Kelties? Dis Nianell, diè bekroonde sangeres, wat as liedjieskryfster reeds fenominale internasionale sukses beleef het met die treffer “Who painted the moon”.
SNOTKOP

Met meer as 40 000 albums verkoop, vol gepakte sale landwyd en die wenner van meer as 5 toekennings is Snotkop beslis SA se Pop sensasie! Sy nommer een treffer 'PARAPAPA' is tans een van die grootste treffers in die land. Beslis een van SA se beste live kunstenaars!
BOBBY VAN JAARSVELD

In 2006 wen Bobby 'n Huisgenoot Tempo toekenning by Skouspel vir Beste Nuweling. Dit was`n groot hoogtepunt in sy lewe. Nog 'n hoogtepunt was toe hy gekies was vir Skouspel 2007. Daar is nie woorde om hierdie ervaring te beskryf nie. Hy was ook in 2008 deel van Skouspel. In Mei 2008 het ek begin om saam met my eie band op te tree, dit gee ’n vertoning soveel meer waarde en is ‘n groot voorreg.
ANDRIETTE

Andriette se cd, Diamant is uit en gaan van krag tot krag. Met liedjies uit die pen van Steve Hofmeyer, Andre Swiegers, Junior Botha, Munro du Toit, William Loots en ook haarself. Die album doen tans baie goed en die jaar het al baie goed vir haar opgelewer soos om op te tree saam met die land se grootste name in musiek soos Laurika Rauch, Juanita du Plessis, Gert van Tonder, Theuns Jordaan ens.
STAALDRAAD

Staaldraad se lewendige optredes is baie energiek en 'n belewenis. Voorsanger John Tinke kry behoorlik die gehoor aan die gang met sy rasper stem en rou energie. Al vier lede van Staaldraad is gesoute musikante wat al die afgelope 5 jaar musiek maak en hulle kuns verfyn. Hierdie groep het met elke optrede die gehoor letterlik op hulle voete met hulle aansteeklike treffers.
WILLEM

Willem het in die Oos-Kaap ge-oudisie vir Idols as die laaste persoon in die ry, en het deurgedring as een van die drie finaliste in die gala-finaal by Galeger Estate in Johannesburg en uiteindelik 2de ge-eindig in hierdie gewilde reeks. Hierna het dinge vir Willem vinnig gebeur in die musiekbedryf. Hy moes inderhaas verhuis na Johannesburg en het ‘n CD kontrak gesluit met Sony BMG .
ARNO JORDAAN

Sy vierde album, "Gee my" is nou uitgereik en is sonder twyfel sy beste album nog! Die eerste dag van vrystelling het die cd goue status bereik en verkope is steeds sterk. Arno het homself al oor en oor as ernstige en volwaardige kunstenaar bewys, en sy aanhangers kan daarvan getuig.
WYNAND EN CHEREE

Wynand Strydom en Suid- Afrika se “country girl”, Chereé, deel hulle lewe met ons op hulle duet album. Albei hierdie kunstenaars is welbekend in die Suid Afrikaanse musiekbedryf met treffers soos 'Dertig Dae in die Somer' (Chereé) en 'Katrina' (Wynand Strydom). Hulle kan saam bespreek word of as aparte kunstenaars.

IZAK DAVEL

Hy het 'n huishoudelike naam geraak in 2006 met sy vertolking van die rol van Scab in Egoli - Plek van Goud.Hy is deur die tydskrif Heat aangewys as die 'Hottest Hunk' in die land en het selfs nommer 4 op hul wêreld lys geëindig... Hy het ook 'n gatskop album uit en het reeds op tydskrifte soos Huisgenoot, You, Drum en Heat se voorblaaie gepronk.

STEFAN LUDIK

Die 27-jarige Namibiër het Afrika met 'n 'bang' getref en miljoene TV-kykers en live gehore bekoor as akteur en sanger. Hy het oornag 'n bekende gesig in miljoene huishoudings geword en die leer na sterstatus bitter vinnig geklim. Stefan is altyd bedrywig, indien hy nie besig is om 'n tv reeks te verfilm nie is hy iewers in Suid-Afrika of Namibië besig met optredes.

MUNROE

Munro se baie opwindende nuwe album is hier en maak gehore reg oor SA mal! Die aantreklike sanger het derde in die gewilde Idols fenoom klaar gemaak. Sederdien het Munroe as kunstenaar gegroei tot een van die land se talentvolste sangers. Sy optredes is roerend, sy lirieke slim en gehore kan net nie genoeg kry van die warm kustenaar nie.

BABETTE

Suid Afrika se Rock Chick het behhoorlik almal aan die praat. Haar debuut album 'X Meisie' is 'n paar maande gelede vrygestel en doen vreeslik goed. Babette het ook 'n top tien video op MK vir die snit 'Misverstaan'. Met heerlike, energiebelaaide optredes sal Babette beslis enige fees of funksie laat kook!

KARLIEN VAN JAARSVELD

Karlien van Jaarsveld is oppad om groot golwe te maak in die musiek wereld. Sy was vroeer die hoofsanger van die groep revolusie, maar het nou onlangs besluit om solo gegaan. Met 'n goue stem en energieke optredes is Karlien defenitief 'n groot talent wat baie fyn dopgehou moet word.

 

JAKKIE LOUW

Met treffers soos "Drie Pikkewyne", "Die Hoendersong" en 'Marretjie se liedjie" wil almal deel raak van die sanger se skrikwekkende momentum in populariteit. Hy was in 2008, tot in London op versoek van die studente wat verlang na daardie toweragtige Pretoria aande by sy shows.
JODY

Jody, 2007 se Idols wenner toer die hele land vol en het ook opgetree saam met internationale ster Celine Dion gedurende haar SA toer in 2008. Jody het al 'n string treffers agter haar naam en kan gehoor word op al die groot radiostasies landwyd. Jody is 'n opwindende kunstenaar met 'n pragtige stem en sprankelende verhoog persoonlikheid!
 
A
Abel Kraamsaal
Amanda Strydom
Amor Vittone
Andre Schwartz
Anke Pietrangeli
Andre Swiegers
Andre G Nel
Anna Davel
Anneli van Rooyen
Anton Goosen
Arno Carstens
Andriette

C
Carike Keuzenkamp
Casper de Vries
Casette
Chris Chameleon

E
Eden
Elzabe Zietsman
Eclips
Evolver
Elizma Theron
Ettienne Steyn
Ef-El
Etha
Emo Adams

G
Gerrie Pretorius
Gian Groen
Grafsteensangers
Guillaume
Ghapi
Glaskas
Goldfish

I
Izak Davel

K
Karen Hougaard
Karen Zoid
Karla du Plessis
Klopjag
Kurt Darren
Kobus

L
Laurika Rauch
Laurinda Hofmeyer
Lieze Stassen
Lize Beekman
Lance James
Ladysmith Black Mambazo
Lukas Maree
Louise Carver

N
Nadine
Nadine Blom
Nataniel
Nianell
Nicholis Louw
Navi Redd
New Academics
Niemand
NKD

P
Patricia Lewis
Pedro Kruger
Piet Botha
Pieter Smith
Pieter Koen
Parlotones
Piet Plagiaat
Prime Circle
P J Powers

S
Sonja Herholdt
Springbok Nude Girls
Steve Hofmeyer
Sunette Bridges
Snotkop
Southern Gypsy Queen
Straatligkinders
Snaar van Tonder
Staaldraad
Stefan Ludik

V
Valiant Swart
Van Coke Cartel

Z
Zander
Zola

B
Broers
Bacchus Nel
Bed on Bricks
Beeskraal
Bobby van Jaarsveld
Brandon October
Bianca
Bosveld klong
Blackie Swart
Bok van Blerk

D
David Fourie
Danny K
David Kramer
Ddisselblom
Die Campbells
Dowwe Dolla
Dozi
DJ Ossewa
DNA Strings

F
Fanie de Jager
Fokofpolisiekar
Freddie Nest
Freshly Ground
Foto na Dans
Flip a coin
Francois en Elizabeth Fourie

H
Heinz Winkler
Helena Hettema
Hugo

J
Jacques Terre'Blanche
Jak de Priester
Jan Blohm
Johnny Clegg
Juanita du Plessis
Just Jinger
Jacques de Coning
Jennifer Zamudio
Jakkie Louw
Joe Niemand
Jac Blanck
Jack Hammer
Jesse Jordan
Jo Day
Joe F
Jamali

M
Mathys Roets
Mafikizolo
Mandoza
Malaika
Magiel Roets
Mauritz Lotz
MD Greyling
Mel Botes
Melktertkommisie

R
Robbie Wessels
Rocco de Villiers
Rooies
Rebecca Malope
Rooibaardt
Romanz
Rootz of Youth
Rudi Muller
Rina Hugo

T
Theuns Jordaan
Thys die bosveld klong
Tobi Jooste

Y
Yvonne Chaka Chaka

W
Wynand Windpomp
Weskus Klong
Wikus van der Merwe
Wouter van der Venter
Wynand Strydom
Watershed
Willem Welsyn en die Sunrise Toffies
Warren Elliot
Wasserval
Willem Botha

Die leier in Suid Afrikaanse musiek. Kunstenaar bespreekings, klank, beligting en verhoog huur asook funksie beplanning.

Enige kunstenaar wat nie op die lys verskyn nie kan steeds bespreek word, kontak ons met die kunstenaar se naam en ons volg dit graag op.

 

.