Meer oor viljoen retief

Viljoen Retief het einde 2006 een oggend werk toe gery toe hy 'n Bob Dylan-liedjie oor die radio oor. "Ek het 7:40 my pa gebel en gesê ek gaan vandag bedank - ek wil vir die res van my lewe musiek maak."

Ds. Johan Retief het gewag vir daardie oproep van sy seun, want hy het lankal geweet wat die res van Suid-Afrika nou weet: Viljoen Retief se musiek is sy kuns en sy passie - dís waarmee hy goed is.

Dié Kapenaar se tweede album, Soos die wind, word amptelik op 16 Maart in Die Boer-teaterrestaurant in Durbanville, Kaapstad bekend gestel. Die titelsnit geniet reeds speeltyd op RSG.

"Ek het al die liedjies op die album self geskryf," vertel Viljoen. "Ek skryf graag oor plekke, mense en alledaagse dinge. Dis moeilik om my musiek in 'n genre vas te vang, maar ek reken dis volwasse kontemporêre musiek met 'n tikkie folk. Liedjieskryf is vir my 'n kuns - ek volg nie trends nie, ek volg net my hart."

Hy sê elke liedjie vertel sy eie storie. "Tog hoop ek mense haal uit liedjies dít wat vir hulle weer iets beteken."

lees meer

Viljoen en Karen Ferreira sing ook 'n duet, "Kan jy my hoor", op die album. "Dis 'n dialoog tussen twee mense wat mekaar net nie kan vind nie," verduidelik hy.

Die musiekvideo van "Soos die wind" word in Februarie vervaardig, en Viljoen is baie opgewonde oor die belangstelling wat daar reeds is. "Kurt (Darren) het gevra dat ek die video na Jukebox stuur sodra dit klaar is. Dit sal ook op ander musiekprogramme te sien wees," beloof hy.

Viljoen is verbonde aan Snyman Musiekproduksies (SMP), wat aan die Broers (Christo en Cobus Snyman en Nic Stevens) behoort.

"Ek kan nie die Snymans genoeg bedank vir al die passie en energie wat hulle in my loopbaan sit nie. Ek leer só baie by hulle."

Viljoen skryf ook musiek vir die ander kunstenaars verbonde aan SMP.

terug

ALBUMS

Viljoen op

Viljoen Retief

optrede skedule

volg ons

Luister Na

Viljoen Retief